• Storielyn
  • Fynbos
    • Soogdiere
    • Reptiele
    • Bome en Struike
    • Voëls
    • Invertebrata
    • Kruie (nie houtagtige plante)
  • Woud
    • Soogdiere
    • Reptiele
    • Bome en Struike
    • Voëls
    • Invertebrata
    • Kruie (nie houtagtige plante)
  • Savanna
    • Soogdiere
    • Reptiele
    • Bome en Struike
    • Voëls
    • Invertebrata
    • Kruie (nie houtagtige plante)
  • Grasland
    • Soogdiere
    • Reptiele
    • Bome en Struike
    • Voëls
    • Invertebrata
    • Kruie (nie houtagtige plante)
  • Bronne
Picture

Maanhaarjakkals (Proteles cristatus)

Die Maanhaarjakkals lyk baie soos ’n Hyaena. Hulle kan tot 11 kg weeg. Hulle het maanhare wat by hulle nek en rug afloop. Hulle hare is lank en grof. Hulle ore is punterig en hulle het vertikale swart strepe wat op hulle lyf loop. Hulle is hoër by hulle skouers as by hulle hippe. Hulle is meestal aktief in die nag, maar kan gesien word vroeg oggende en laat middae. Hulle eet meestal termiete, maar sal ander insekte ook eet. Hulle kry 1-4 kleintjies wat in ’n gat in die grond gebore word.  

Hoëveld nagmuis (Tatera brantsii)

Hulle totale lengte is 28 cm en weeg omtrent 80 g. Hulle stert is omtrent net so lank soos hulle kop en lyf saam. Die Hoëveld nagmuis se lyf is grys-wit onder, waar die ander spesies net wit onder is. Hulle word gevind op sanderige grond. Hulle grou hulle eie gate wat hulle in bly en is aktief in die nag. Hulle dieet bestaan uit gras sade en ander plante kos. Hulle kry gewoonlik 3 kleintjies, maar kan tot 5 kry.

Picture
Picture

Bakoorjakkals (Otocyon megalotis)

Hulle skouer hoogte is 35 cm en hulle weeg 3-5 kg. Hulle is jakkalsagtig. Hulle pels is silwergrys en hulle het groot ore. Hulle stert is baie bosagtig en is swart aan bo kant en op die punt. Hulle kom nie voor in bergagtige areas en woude nie. Hulle is aktief in die nag en gedurende die dag. Hulle eet meestal insekte en ’n verskeidenheid van kewer spesies. Hulle eet ook vrugte. Hulle skenk geboorte aan 4 tot 6 kleintjies wat in ’n gat gebore word.  

Powered by Create your own unique website with customizable templates.