Die haan het ʼn rooi snawel en rooi
bene met ʼn swart lyf. Die hen het ook ʼn rooi snawel maar is vaalbruin van
kleur. Hulle word omtrent 11.5 cm lank en weeg 13 g. Die jong voëltjies se
snawel is grys en die bene is pienk. Hulle eet insekte en sade. Hulle is
redelik algemene standvoëls. Hulle Sal hulle eiers lê in ander vinke se neste.
Swartkeelgeelvink (Ploceus xanthopterus)
Hulle is omtrent 15 cm lank en weeg
34 g. Die haan is groter as die hen. Die haan het swart merk oor sy gesig met
rooi oë en swart snawel. Die hen het nie ʼn swart merk oor haar gesig nie en.
Die voëls is geel en die wat nie broei nie het ʼn witterige pens. Die jonger
voëls lyk soos ʼn nie broeiende hen. Hulle habitat is in die oop savanne en leef
alleen of in ʼn kolonie.
Witpenskorhaan (Eupodotis senegalensis)
Die haan is groter as die hen en weeg
tot 1.4 kg. Die haan het ʼn blou voor nek en ʼn wit pens. Hulle agternek is
geelbruin. Die hen se bene en nek is korter as die haan en se vlerke is vuilgeel.
Die Witpenskorhaan word gesien as kwesbaar. Hulle eet plantmateriaal, insekte
en klein gewerweldes. Die eiers word op die kaal grond gelê.