Die Natuur se Twee Oseane Ultra Maraton
Die dag het aangebreek
vir die jaarlikse, Natuur se Twee Oseane Ultra Maraton. Die beginpunt is geleë in Kaapstad
by Rondebosch en die maraton eindig by die UCT sport geboue. Spesies vanuit
vier verskillende biome, in Suid-Afrika, kom neem deel aan die 56 km maraton.
Die deelnemers vir hierdie byeenkoms lyk soos volg:
Die Savanna Bobbejaan sit in die Springsaadboom en doen die kamera werk vir die byeenkoms. Hy neem foto’s van alle spesies wat deelneem asook van die toeskouers wat die deelnemers kom ondersteun vanuit die verskillende biome.
Dit is ’n warm dag en daarom word die spesies watersakkies oorhandig by sekere punte, sodat hulle nie dehidreer nie. Die slange vanuit verskillende biome staan gereed met watersakkies en oorhandig dit aan die spesies, soos wat hulle verby kom. Die slange moedig hulle aan deur om vir hulle te skree “hou bene, hou”. Al die spesies vanuit die vier verskillende biome help om van hierdie dag ’n sukses te maak al is dit om deel te neem of om hulp te verleen.
Die tyd het aangebreek vir die spesies om aan te tree by die wegspring lyn. Almal stamp en stoot om voor te staan, sodat hulle ’n voorsprong voor die ander kan kry, maar die Eland het lankal ’n strategie uitgewerk om voor die ander deelnemers te kom. Toe die GrootkolMuskeljaatkat die vluitjie blaas vir die deelnemers om te begin, spring die Eland oor die 2m hoog bo almal se koppe en land omtrent 50m voor almal. Hy het ’n goeie wegsprong gehaat. Die res van die spesies hardloop dat die stof soos staan om by te hou.
Wat die Eland nie geweet het nie, is dat die miskruiers ’n rit op sy rug gevat het en hulle is nou saam met hom voor die res. Die Suidelike Wingerdstokslang kon nie die gedreis en gestamp en gestoot hanteer nie en beluit om te ontrek. Sy gaan kruip toe weg in die Vluweelwilg.
Daar is nou net 15 deelnemers oor in hierdie 56km maraton. Die Dwergverkleurmannetjie is baie klein wat beteken hy kan makliker vertrap word deur die groot soogdiere.Hy besluit toe om sy geheime wapen te gebruik; hy klim op die Sungazer en kamofleer homself, sodat hy dieselfde kleur is as die Sungazer. Die Sungazer het spuikeragtige skubbe en daarom het die verkleurmanetjie besluit om op sy rug te klim, want wie sal dit nou waag om in ’n paar spuikers te trap tydens ’n wedloop.
Die Sungazer se maag begin te grom na die eerste 15km en hy nader die Indiese Stokinsek en kry hom in ’n lokval. Die Sungazer het nou nuwe stamina gekry na sy middagete, want die Indiese Stokinsek is al wat hy nodig gehaat het om so klein bietjie vinniger te kan beweeg. Die Grasnabootse Sprinkaan het ook nie ’n lang leeftyd gehaat nie. Hierdie deelnemer was ook vroeg tydens die wetloop opgeëet deur die Grasvoël. Maar wat hulle nie weet nie, is dat dit teen die reëls is om deelneemers te eet. Gelukkig het die Savanna Bobbejaan alles op kamera gehaat vir bewyse en net daar op die huidige oomlik is hierdie twee spesies gediskwalifiseer. Dit was te laat vir die verkleurmanetjie om aftespring en daar word hy saam gediskwalifiseer.
Die wedloop se deelnemers raak al hoe minder en die spesies trek amper by Chapmenspeak wat 350 m optraande is en vir ongeveer 7 km duur. Daar is slegs 10 spesies wat nog kompenteer vir eerste, tweede en derde plek.
Net voor Chapmenspeak is daar ’n waterbreuk. Eland kyk terug en sien hy is nog vêr voor die ander. Hy besluit dat hy ’n waterbreuk verdien. Die miskruiers wat hoog bo op die Eland se kop sit, sien hoe Bakoorjakkels se ore wapper in die wind. Dit beteken die soogdiere is kort op hulle sterte. Die miskruiers besluit om saam te werk en ’n poets te bak vir die soogdiere. Hulle spring af van die Eland se kop en gaan soek mis in die gras. Hulle gebruik hulle wapen en rol misbolle, lekker groot misbolle. Hulle rol dit tot in die pad in, daar waar die deelnemers moet hardloop. Die miskruiers besluit om dadelik aan te beweeg, sodat hulle tyd kan spaar.
Die Eland, Steenbok, Bakoorjakkels en die Rooikat is so besig om met mekaar te kompenteer dat hulle nie voor in die pad kyk wat vir hulle wag nie. Rooikat skree, “O, sies!” en Bakoorjakkerls huil “Ons soogdiere is gevang, ons sit vas in die mis!”. En so is al vier die soogdiere vanuit die verskillende biome uit die maraton uit.
Gelukkig het die voëls vlerke en hulle sien wat op hulle wag. Al die voëls vlieg oor die soogdiere wat in die mis vas sit. Hulle draai hulle nekke om en steek tong uit vir die soogdiere. Dit was nie baie wys van hulle nie, want voor hulle wag daar ’n Witonderbosboom. “Kadoeps”, vlieg hulle in die boom vas. Die voëls hoes en hulle proes soos wat hulle wind uitgestamp is. Die akkedisse kom met die noodhulpkussie aan en gee vir die voëls kruie wat vanaf die Griekwateebossie afkom. Die blom is medisyne vir ’n seer maag en die wortels van hierdie krui help vir hoes. Die voëls was skoon uitasem en sien nie kans vir die res van die maraton nie.
GrootkolMuskeljaatkat lig die toeskouers in van die gebeurtenisse tydens die wedloop en wie nog ’n kans staan om te wen. Die soogdiere en voëls is uit. Al wie oorbly vanuit die spesie, reptiele, is Papegaaibek padloper. By die invertebratas is dit net die miskruiers wat nog deelneem, maar dit lyk asof hulle mis raakgesien het langs die pad. Die miskruiers kon hulle self nie keer nie en is nou huidiglik besig om misbolle te rol.
Stadig en tree-vir-tree, kom ’n dopagtige spesie aan. Kan dit wees…Ja dit is Papegaaibek padloper. Hy kom nader aan die wenstreep by die sportgronde van UCT. Die toeskouers begin te juig en moedig Pappagaaibek padloper aan. Die miskruiers hoor die opgewondenheid vanaf die stadion en besef die skilpad is besig om te wen. Hulle los hulle misbolle en begin te beweeg so vining soos wat hulle kan. Maar Pappagaaibek padloper steek sy lang nek uit en rek dit so vêr soos wat hy kan. Hy breuk die wenstreep en wen eerste plek. Die toeskouers juig en skree, "Papegaaibek wedloper!" in plaas van Papegaaibek padloper.
GrootkolMuskeljaatkat oorhandig die pryse. Papegaaibek padloper ontvang toe die goue medalje, Groen Gegroefde Miskruier en Groot Kopermiskruier ontvang elkeen ’n bossie Woud Iris blomme, vir die troos prys. Laat dit ’n les wees vir al die spesies by die volgende Natuur se twee Oseane Ultra Maraton; moenie tydens ’n wedloop in die mis rond speel nie.

- Soogdiere:
- Eland vanuit die bioom Savanna, Steenbok vanuit die bioom Fynbos,
Bakoorjakkels vanuit die bioom Grasland en die Rooikat vanuit die bioom Woud.
- Voëls:
- Klein-rooibandsuikerbekkie
vanuit die bioom Fynbos, Bloukuifvleëvanger vanuit die bioom woud, Grasvoël vanuit die bioom Grasland en die
Witpenskorhaan vanuit die bioom Savanna.
- Reptiele:
- Papegaaibek padloper
vanuit die bioom Fynbos, Knysna Dwergverkleurmannetjie vanuit die bioom Woud,
Suidelike Wingerdstokslang vanuit die bioom Savanna en die Sungazer vanuit die
bioom Grasland.
- Invertebratas:
- Grasnabootse Sprinkaan
vanuit die bioom Grasland, Groen Gegroefde Miskruier vanuit die bioom Woud,
Groot Kopermiskruier vanuit die bioom Savanna en die Indiese Stokinsek vanuit
die bioom Fynbos.