Hulle is klein en word net 86-97 cm in lengte. Hulle is silwergrys langs die
kante van hulle lyf en ook hulle rug en nek. Hulle bors en voor bene is vaal
bruin. Hulle is meestal nag lewend en eet meestal insekte, klein rotte en ander
nie-gewerwildes. In lente kry hulle gewoonlik 1-4 kleintjies. Hulle word baie
keer gejag, omdat boere dink hulle vang skape.
Bontebok (Damaliscus pygargus dorcas)
Histories was die Bontebok gevind in die Bredasdorp en Mosselbaai
gebied. Die spesies was naby aan uitwissing en word nou gevind in
natuurreservate. Bontebokke is donker bruin met ʼn pers skynsel, die bene en
boude is gewoonlik wit. Hulle is aktief in die dag waar hulle soek vir kort
gras. Hulle benodig ook oppervlak water en skuiling. Bontebokke kry hulle lammertjies
tussen Semptember-Oktober. Die lammertjies kan na 30 minute saam met die ma
begin hardloop.
Steenbok (Raphicerus campestris)
Die Steenbok is ʼn klein bokkie wat groei tot net 11 kg. Hulle lyfie is
klein met groot ore. Hulle is bruin bo hulle rug met ʼn wit onder pens. Net die
ram het ʼn stel horings wat normaalweg 9 cm lank word. Hulle hou van oop droë
gebiede met skuilplek. Hulle hou van droë rivier beddings waar hulle kan lê. Hulle
eet ʼn verskeidenheid van kos, vrugte, saad grasse en hulle gebruik hulle
voorpote om wortels uit te grawe. Hulle kry net een lammertjie wat enige tyd
van die jaar gebore kan word.