Die Blouduiker is die kleinste bok spesie wat in Suid-Afrika voorkom.
Hulle skouerhoogte is net 30 cm en hulle weeg net tot 4 kg. Die bo dele van die
duiker is grys tot bruin en die onderbene is wit. Een kenmerk van die duiker is
die konstante beweging van die stert. Die blouduiker kom net die woud of digte
beboste gebiede voor. Oppervlak water is ’n noodsaaklikheid. Hulle eet vrugte
en bessies. Hulle kry een lammetjie wat gebore word omtrent 200 dae na
bevrugting en weeg net omtrent 400 g.
Rooikat (Caracal Caracal)
Die rooikat weeg 7-19 kg en die naam sê dit als. Hulle pels is rooi en
het punt ore met swart hare op die punte. Hulle km voor in ’n groot
verskeidenheid van habitatte. Hulle meestal aktief in die nag, maar daar waar
min mens aktiwiteit is, kan hulle aktief wees deur die dag. Hulle is karnivore
wat klein tot middelmatige soogdiere vang. Hulle kry 1-3 katjies per geboorte.
Hulle is omtrent 79 dae dragtig en die katjies weeg omtrent 250g by geboorte.
Die Suid Afrikaanse grootkolmuskeljaatkat weeg 1.5-3.2 kg en sy totale
lengte is 85-110 cm. Hulle het ’n dun lang lyf met groot ronde ore. Hulle stert
het swart-bruin ringe. Die grootkolmuskeljaatkat is geasossieheer met gebiede
wat baie water beskikbaar het en wat se plantegroei baie dig is. Hulle is baie
goeie klimmers en is meestal aktief in die nag. Hulle eet klein Hulle eet knaag
diere, maar hulle gunsteling is insekte. Hulle kry tussen 2 en 4 kleintjies wat
in die somer in gate gebore word.