Dit is ʼn meerjarige immergroen krui. Dit kom
in grasvelde voor tussen hoogtes van 1500-2000 m bo seevlak. Die krui kan ʼn
hoogte van 1.5 m raak. Die blare se rande is tandagtig. Die stam is harerig en
hol in die binnekant. Die blomme is wit en dit lok bye, voëls en skoenlappers. Die
plant groei die beste in vol son.
Berg barleria (Barleria monticola)
Dit is ʼn krui wat tot 45 cm hoog kan groei.
Die blomme is lig pers en blom tussen Augustus en Desember. Die blare gaan dood
en val af in die winter, maar groei weer terug in die lente. Die vrug bevat 4 saadjies.
Die krui hou van natterige graslande en groei in vol sonlig. Die plante kan
vires hanteer en groei maklik terug na ʼn brand.
Watergras (Chlorophytum saundersiae)
Dit is ʼn meerjarige krui wat in groepe of
kolonies groei. Die blare is lig groen en word 40 cm lank en 1 cm breed. Die
vrug is klein en bevat ʼn aantal klein swart saadjies. Die vrug is groen tot
bruin. Die plant groei maklik en kan in enige tipe grond groei, maar dit
verkies sanderige grond. Die krui trek die aandag vaninsekte en skoenlappers.