Die Witgat is ʼn klein boom wat se
blare en take ʼn ronde kroon vorm. Die bas is wit tot grys-wit in kleur en is
glad. Die blare is lansetvormig tot ellipties. Die blomme is baie dig en is
geel-groen van kleur. Hulle is klein en blom in die somer. Die vrug is ʼn bessie
en se diameter is omtrent 10 mm. Die bessie is haarloos en geel in kleur. Die
wortels is eetbaar en wilde herbivore gebruik die boom as voedsel. Die blare en
die wortel word ook vir mediese doel eindes gebruik.
Fluweelboswilg (Combretum molle)
Die Fluweelboswilg is ʼn kleinerige
boom wat half bladwisselend tot bladwisselend is. Wanneer dit herfs is word die
blare rooi tot pers. Die blare is dun ellipties in vorm. Die blare het
fluweelagtige hare en in sommige vorms glad nie. Die vrugte is geel groen met
rooi, maar wanneer hulle uitdroog dan raak hulle goud rooi bruin in kleur. Die
hout is weerstandig teen termiete en is gelerige bruin. Die hout kan gebruik
word vir huishoudelike doel eindes. Die boom word gewy deur diere en sekere
dele word gebruik vir mediese doeleindes.
Wollerige kapperbos (Capparis tomentosa)
Die Wollerige kapperbos is ʼn klein
boom. Die blare is langwerpig tot breë ellipties. Die blare is ook bedek met
sagte haartjies en die blaar is grysgroen. Die blomme is 40 mm in diameter en
blom in lente. Die vrug is bessie en se diameter is tot 35 mm. Die bessie pienkerig
tot helder oranje. Skoenlappers se larwe eet van die boom sowel as wild. Die
wortels van die boom word gebruik in die mediese praktyk.