Die Fynbos biom val onder die winter reënval. Die Fynbos bestaan uit drie hoof plantegroei Proteas, Erikas en Restiods. Die grond waar op die plantegroei het nie baie nutriënte nie en dus word hier nie baie groot soogdiere aangetref nie. Histories was daar Swart renosters, Elande, Springbokke en Kaapse berg sebras gevind. Die grootse boksoort wat nou in die Fynbos gevind word is die Bontebok. Vuur is ʼn baie groot komponent van die fynbos. Dit word gebruik om indringer spesies uit te hou. Fynbos moet so elke 12 jaar brand om weer nuwe nasate te maak. Fynbos kan net ʼn klein biomasse van diere dra, maar het ʼn groot diversiteit van plante, voëls, reptiele en paddas. Die Renosterveld ook ʼn groot deel van die Fynbos biom. Die fynbos groei op sanderige grond en die Renosterveld op klei grond. Dit is die Renosterveld wat al die nutriënte het om groot soogdiere te onderhou. |