Die geslagte lyk eners. Die vere is
onder en bo gestreep wat die vere meer geryg laat lyk. Hulle het ʼn rooibruin
kroon en vlerk band. Hulle stert is rooi en gepunt. Hulle word omtrent 21 cm
lank en weeg 30 g. Die jonger voëls is dower as die volwassenes. Hulle kom
gewoonlik in pare of enkel voor en is gebonde aan ʼn gebied. Hulle eet
hoofsaaklik insekte en bou ʼn nes in die gras.
Hoëveldklappertjie (Mirafra fasciolata)
Die geslagte is eners en wanneer
hulle middelgrootte is het hulle ʼn aansienlike variasie in veredrag. Hulle
snawel is redelik kort en stewig. Hulle het ʼn kenmerkende vlerkvertoning. Hulle
kan tot 30 g weeg en 14 cm in lengte raak. Hulle kom hoofsaaklik in oop grasvelde
voor en eet insekte en saadjies. Die mannetjies het net een wyfie en daar word
nes gemaak onder ʼn graspol.
.
Kortstertflap (Euplectes axillaris)
Die haan is die groter geslag van die
twee. Hulle is swart met ʼn rooi epoulette. Hulle stert is langerig en waai as
hulle vlieg. Die haan se snawel is blou en die hen sin bruin. Die hen se vlerke
is bruin en haar epoulette is oranjebruin. Die jonger voëls lyk soos die hen,
maar se vere is vaalbruin bo. Hulle eet insekte, maar hoofsaaklik sade. Die
haan sal met meer as een hen paar. Hulle maak nes in digte gras.