• Storielyn
  • Fynbos
    • Soogdiere
    • Reptiele
    • Bome en Struike
    • Voëls
    • Invertebrata
    • Kruie (nie houtagtige plante)
  • Woud
    • Soogdiere
    • Reptiele
    • Bome en Struike
    • Voëls
    • Invertebrata
    • Kruie (nie houtagtige plante)
  • Savanna
    • Soogdiere
    • Reptiele
    • Bome en Struike
    • Voëls
    • Invertebrata
    • Kruie (nie houtagtige plante)
  • Grasland
    • Soogdiere
    • Reptiele
    • Bome en Struike
    • Voëls
    • Invertebrata
    • Kruie (nie houtagtige plante)
  • Bronne
Picture

Savanna Bobbejaan (Papio cynocephalus urinus)

Die mannetjie weeg gemiddeld 32 kg en die vroutjie weeg gemiddeld 16 kg. Die volwassenes het ’n snoet wat soos ’n hond lyk. Hulle is altyd in trope, behalwe vir ’n weg loop mannetjie. Hulle hare is grysbruin van kleur. Dit is die tweede grootse primaat in Suid-Afrika na die mens. Hulle is omnivore. Hulle grou vir wortels, eet vrugte, insekte en steel baie keer kos uit mense se huise. Die vrou kan enige tyd van die jaar geboorte skenk aan een nageslag.   

Gewone Eland (Tragelaphus oryx)

Dit is die grootse lewendige wildsbok. Die bul weeg normaal weg 700 kg maar kan tot 900 kg weeg en hulle skouer hoogte is omtrent 1.7 m. Die koei weeg omtrent 450 kg en skouer hoogte is 1.5 m. Al twee die geslagte het reguit horings met ’n klein draai. Met ouderdom raak die Eland meer grysblou as bruin. Die gewone eland kan in baie habitatte oorleef, maar doen die beste in bosagtige savanna. Hulle is nie afhanklik van oppervlak water nie, maar sal drink as dit beskikbaar is. Hulle is meestal bruisers. Een dominante bul teel met ’n paar koeie wat een kalf kry. Elande is baie groot, maar kan maklik oor ’n draad van 2m spring.  

Picture
Picture

Leeu (Panthera leo)

Die mannetjie is groter as die wyfie. Die mannetjie kan tot 225 kg weeg waar die wyfie net tot 152 kg kan weeg. Die mannetjie het maanhare en al twee geslagte het ’n swart tip op die stert. Leeus kan in baie habitatte oorleef, maar word nie gevind in woude nie. Leeus kan gevind word in trope van 3 tot 30. Hulle jag gewoonlik middelmatige tot groot soogdiere, maar eet ook klein knaag diere. As hulle desperaat raak dan val hulle tot klein olifante aan. Die wyfie gee geboorte op haar eie. Sy kry gewoonlik 1-4 kleintjies wat 1.5 kg weeg. Na geboorte keer sy en die kleintjies terug na die trop toe.    

Powered by Create your own unique website with customizable templates.