• Storielyn
  • Fynbos
    • Soogdiere
    • Reptiele
    • Bome en Struike
    • Voëls
    • Invertebrata
    • Kruie (nie houtagtige plante)
  • Woud
    • Soogdiere
    • Reptiele
    • Bome en Struike
    • Voëls
    • Invertebrata
    • Kruie (nie houtagtige plante)
  • Savanna
    • Soogdiere
    • Reptiele
    • Bome en Struike
    • Voëls
    • Invertebrata
    • Kruie (nie houtagtige plante)
  • Grasland
    • Soogdiere
    • Reptiele
    • Bome en Struike
    • Voëls
    • Invertebrata
    • Kruie (nie houtagtige plante)
  • Bronne
Picture

Grysborstjagra (Tchagra tchagra)

Die Grysborstjagra se geslagte lyk eners. Hulle het ʼn wit onderlyf met ʼn wit-geel ken en keel. ʼn Jong grysborstjagra se snawel is donkerbruin en die kolle op hulle stert is vaalgeel. Die volwassenes se snawel is swart en weeg omtrent 47 g. Hulle eet insekte, bessies en vrugte. Hulle habitat is in die kusbos, en woude al langs die kus. Hulle maak nes in aalwyne of in ʼn lae bos.

Bloukuifvlieëvanger (Trochocercus cyanomelas)

Die haan kan uitgeken word deur hulle blouswart kop en kuif wat glans. Die hen se kop is liggrys en die smal vlerkstreep is donker. Die voëls is gewoonlik alleen of in pare. Hulle is nie alg-meen nie, maar in die gebiede wat hulle voorkom is hulle algemeen. Hulle is 15 cm lank en weeg omtrent 10 g. Hulle eet net insekte. Hulle sal ʼn nes maak in ʼn mik van ʼn boom.

Picture
Picture

Bosjakkalsvoël (Buteo trizonatus)

Die geslagte lyk eners, maar die haan is kleiner as die hen. Die kenmerk wat die meeste uitstaan is die gestreepte of gevlekte onderdele. Die haan weeg 570 g en die hen 660 g. Hulle is endemies en algemeen in gebiede waar hulle voorkom. Hulle verkies Afrika se bergwoude. Hulle vreet enige iets van knaagdiere, reptiele en voëls. Hulle bou ʼn nes met stokke in inheemse woudbome.

Powered by Create your own unique website with customizable templates.