Die Kusswartbas is ʼn immergroen
struik of klein boom. Die verskillende sekse is op verskillende plante. Die
Kusswartbas kom nie voor in woude nie. Die blare is ellipties tot amper rond.
Die blare is baie glasagtig en donker aan die bokant. Die blomme blom van somer
tot herfs.
Witdeurmekaarbos (Ehretia alba)
Dit is ʼn bladwisselende struik of
klein boom. Dit kom voor in bosagtige graslande. Die take is verkort met ʼn
bondel blare by mekaar. Die blare is leeragtig en tot ʼn mate sukkulent met geen
haartjies nie. Die vrug is ʼn bessie en is omtrent 8mm in diameter. As hulle ryp
raak dan is hulle geel tot helder oranje rooi. Die bessie is eetbaar, maar
smaak nie so lekker nie. Die blare word gevreet deur wild en plaas diere. Die
wortels word gebruik vir mediese doeleindes.
Valsassegaai (Maesa lanceolata)
Dit is ʼn klein boom wat gewoonlik ʼn
paar stamme het. Die blare is ellipties tot ovaal ellipties. Hulle is groot en leeragtig.
Die blare is ook groen en glasagtig aan die bokant met geen haartjies. Die
onderkant van die blaar is vaal groen met gewoonlik grys of bruinerige
haartjies. Die blomme is klein romerig wit en blom gewoonlik tussen lente en
somer. Die vrugte is klein en wit wanneer dit volwasse is. Die blare, bas,
vrugte en wortels word gebruik in die mediese praktyk.