Die mannetjies is helder groen met ʼn rooi bors band. Die wyfies is dof
bruin. Die mannetjies is groter as die wyfies, hulle raak omtrent 12 cm lank en
weeg 8 g. Hulle dieet sluit in nektar en insekte. Die Klein-Rooibandsuikerbekkie
is endemies en ʼn individu kan partykeer geassosieer word met ʼn gebied. Hulle
status is algemeen. Jy kan hulle vind in jou tuin, fynbos en in die woud.
Kaapse Berglyster (Chaetops frenatus)
Die mannetjie se onder dele is donker rooi en die kruis is baie
kenmerkend. Die wyfie se onder dele is bietjie donkerder oranje as die van ʼn
Ornjeborsberglyster. As die voël van klip tot klip spring word die stert op
gelig en maak dan identifikasie makliker. Hulle het kort sterte wat rooibruin
omrand is. Hulle word omtrent 24 cm lank en weeg 57 g. Hulle kom voor in bergagtige
gebiede in die fynbos. Hulle eet hoofsaaklik insekte, maar eet ook akkedisse en
paddas.
Piet-Tjou-Tjou-Grysmees (Parus afer)
Die wyfie en mannetjie is eners. Die sye en onder dele is vaal geel,
die agternek is minder wit en die rug is bruinerig. Hulle groei omtrent tot 15
cm en weeg 20 g. Hulle bly gewoonlik is groepe van 3-6 voëls. Hulle is endemies
en ʼn standvoël. Hulle eet insekte, spinnekoppe en vrugte. Hulle broei in baie
gate, bv. Ou swaelneste, boomholtes, klipmure ens.