Die woude wat Suid-Afrikaanse bome bevat strek net 1 % oor Suid-Afrika.
Die woude is nie net divers met plante spesies nie, maar ook insekte, voëls en
reptiele. Dit is belangrik dat hulle die bewaring van groot soogdiere en voëls
doen, want hulle versprei die sade en onderhou die gapings in die woud. Gapings
is belangrik want dit help dat nuwe plante kan groei. Die groot herbivore wat
in die woud voorkom is die olifant, blouduiker, bosvark, bosbok, grysduiker en
rooiduiker. Die kus woud se karakteristieke plante groei is die Wit melkhout (Sideroxylon inerme), Kus rooimelkhout (Mimusops caffra) en nog geelhout
spesies. Die noordwestewinde bring die reën en die woud biom kry tussen 500 en ʼn
1000 mm reën ʼn jaar.