Hulle lyf lengte is 1.3 cm en word
gesien as middelmatige grootte. Hulle is swart met grys en wit skakerings. Die
antenna en bene is swartbruin wat bedek word met grys-wit haartjies. Die lyf is
silindries . Die spesie is aktief gedurende die dag.
Ocellate Langhoring (Tragiscoschema bertolonii)
Die lyf van die kewer is smal en lang
verpag. Die lyf lengte raak omtrent 1.3 cm en die antenna is langer as die lyf.
Daar loop ʼn swart streep van die kop regoor die lyf. Geel merke bedek die kop
en lyf aan die kante. Die vroulike geslag ringeleer stamme voor dat hulle die
eiers lê. Die larwes sal in boomstamme in boor.
Groot kopermiskruier (Kheper nigroaeneus)
Die lyf is groot en die lengte van
die lyf is 3.5 cm. Die kewer is swart en koperig. Die mannetjies sal stukke van
vars mis afsny en in bal vorm rol, sodat dit makliker kan beweeg. Die spesie is
aktief gedurende die dag. Die liggaamstemperatuur van die mannetjies word
verhoog voor hulle oor die vroulike geslag baklei.