Tiran Grond kewer is in die orde Coleoptera. Hulle lyf lengte is 38
mm. Hulle lyf bestaan uit drie swart antennal segmente wat bedek is met wit
haartjies. Hulle kom voor in die droë
fynbos. Hulle sprei giftige toksine uit hulle buik vir verdediging.
Groen Kwas
Juweel Kewer (Neojulodis tomentosa)
Hulle lyf
lengte is 16 mm. Hulle lyf is groen aan die bokant met geel haartjies oor die
lyf. Hulle onderkant is swart en hulle bene is bruin. Die biologie van die
groen kwas juweel kewer is onbekend en word beweer dat die larwes vry lewend
is. Hulle kom voor in struike wat in die fynbos is.
Indiese
Stokinsek (Carausis morosus)
Hulle lyf
lengte is 74 mm. Hulle is vet teenoor ander stokinsekte. Hulle lyf is geel of
groen en het ʼn rooi merk in die binneste oppervlak van hulle voorbene. Hulle
voed gewoonlik op Ivy of Privet, maar hulle aanvaar enige plant kos. Die nimfe
broei uit tussen 4-6 maande. Dit neem hulle dan 6 maande om volwasse te raak.
Hulle kom voor in die natuurlike fynbos habitat. Hulle is oorspronklik van
India, maar was voorgestel in die Kaap deur laboratorium werk.