Die groenmamba is lank met ’n groot
kop. ’n volgroeide mamba word tussen 1.8en 2.5 m lank. Hulle oë is geel bruin
van kleur. Hulle spandeer meestal van hulle tyd in bome wat in die kuswoud
geleë is. Groenmabas sal verdwyn voordat hulle ’n persoon sal byt. Hulle het
neurotoksiese gif. Mannetjies baklei met mekaar en die paring tussen mannetjie
en wyfie vind plaas in die boom. Wanneer hulle paar hang hulle sterte af. Hulle
lê tussen 6 en 17 eiers in die somer en die kleintjies is tussen 30 en 45 cm
lank.
Woud Kobra (Naja melanoleuca)
Die woud kobra is groot en word
omtrent 2 m lank. Hulle voor lyf is geel bruin en hoë nader aan die stert hoë
donkerder raak hulle. Hulle onder kant is nader aan geel as wit. Hulle is skaam
en sal weg beweeg as mense nader kom. Hulle is baie giftig, maar min mense word
gebuit as gevolg van hulle beperking tot woude. Hulle gif is neurotoksies.
Wyfies lê kloue
van 11 tot 26 eiers in die somer. Die kleintjies is tussen 27 en 40 cm lank.
Die Knysna dwergverkleurmannetjie is
klein en volwasenis se lyf lengte is tussen 4.5 en 10 cm lank. Die stert is
netso lank of langer as die lyf. Wanneer twee mannetjies baklei, sal die dominante
mannetjie helderder wees in kleur as die ander een. Hulle is eksotermies en
daarom gebruik hulle die son se temperatuur om hulle liggaamstemperatuur te
verander. Die Knysna dwergverkleurmannetjie
word gevind in die woud by Knysna. Die wyfies skenk geboorte aan 5 tot 20
lewendige kleintjies. Die wyfies kan 2 tot 3 werpsels ’n jaar lewer.