Die plante is stemloos. Hulle is in die
familie Asphodelaceace en is aalwynagtig. Die blare is sukkulent (vleisagtig)
en glad aan beide kante. Die rand van die blare is bedek met dorings. Die blom
is ʼn bloeiwyse en staan 200-1200 mm hoog. Hulle groei in die sandsteen area van
die fynbos en wanneer hulle nie blom nie, is dit moeilik om hulle te sien.
Agtdaegeneesbos (Lobostemon fruticosus)
Die agtdaegeneesbos is mooi met die pienk en
bloue blomme en trek altyd mense se aandag. Dit is ʼn immergroen struik wat 1 m
hoog word. Die stam wat onder (oudste) is word baie houtagtig. Die
Agtdaegeneesbos blom tussen lente en somer. Daar was geglo dat as jy tee van
die bos maak dan genees dit mense en diere van ringwurms. Die blomme word
bevrug deur bye.
Kattekruie (Ballota Africana)
Kattekruie het ʼn vierkantige stam wat ʼn
kenmerk is van die Lamiaceae familie. Hulle groei tot ʼn verskeidenheid van
hoogtes, 0.3 tot 1.2 m hoog. Die blare en die stam word bedek deur wit hartjies
wat dan ʼn grys kleur vertoon. Die blomme is pink tot pers. Die Khoi het die
blare gebruik om koors en masels te behandel. Kattekruie is in ʼn groot
verskeidenheid van medisyne gebruik, bv. tee vir hoes, seer keel en inflammasie.