Ystermartiens is ʼn klein immergroen boom of ʼn struik. Die twee sekses
is op verskillende bome/struike. Hulle groei gewoonlik in die fynbos langs
rivier banke. Die vroulike blom is kompakte bloeiwyse wat bosagtig voor kom.
Die blare is leeragtig, donker groen skynsel met geen hare. Die Ystermartien behoort
aan die familie Anacardiaceae wat die sesde grootse familie in Suider-Afrika.
Die vrug is ʼn klein neut wat deur die bosagtige strukture verskuil word.
Stinkboon (Paraserianthes lophantha)
Stinkboon is ʼn klein immergroen boom of struik. Dit kan jou herinner
van ʼn swartwattel boom. Hulle groei gewoonlik teen vogtige heuwels in die
fynbos. Die blare is veeragtig wat donker groen bo op is, onder valer groen.
Die sade kan vir baie jare dormant lê en na ʼn vuur skielik begin groei. Dit is
in Suid-Afrika geklassifiseer as ʼn onkruid.
Fynbossterappel (Diospyros glabra)
Fynbossterappel is ʼn klein immergroen boom/struik wat baie vertak is.
Dit kom voor op die berghellings of op die plat sand flaktes van die fynbos.
Die blare het ʼn donker groen skynsel op die bo kant en is haarloos. Die frugte
is ovaal en raak pers of rooi wanner hulle volwasse is, word omtrent 10mm in
diameter.