Die Sungazer is ʼn groot akkedis.
Hulle word tussen 17 en 22 cm lank, maar hang af van watter populasie. Hulle
kop is duidelik ander as die lyf en is driehoekig in vorm. Oksipitale skubbe
steek van sy kop af en so lyk baie draakagtig. Hulle is nie baie vinnig nie en
hulle stert is bedek met spykkeragtige skubbe. Hulle rug is geel tot bruin en
die pens is ligter geel. Hulle eet klein knaagdiere en insekte. Hulle kan van
hulle eie klein spesies eet. Hulle gee lewendige geboorte vir 1 of 2
kleintjies.
Grootskubgrasakkedis (Chamaesaura macrolepis)
Die grasakkedis lyk asof dit swem
soos dit deur die gras beweeg. Hulle stert is relatief lank teenoor hulle lyf. Die
spesie het nie voor pote nie en die agter pote het net een part. Die kleur van
die gras akkedis is die selfde as droë gras, koperbruin met ʼn wit of grys-wit
streep wat horisontaal by hulle lyf langs loop. Hulle gebruik hulle lang sterte
om deur die gras te beweeg, maar kan maklik hulle stert verloor as ʼn roofdier
hulle aanval. Die gras akkedis gee lewendige geboorte aan 5 tot 12 kleintjies
wat tot ʼn totale lengte van 15 cm kan wees.
Rinkhals (Hemachatus haemachatus)
Die Rinkhals na aap die kobra met die
bakagtige nek. Hulle word gewoonlik 1 m, maar kan tot 1.5 m groei. Die kleure
van hulle skubbe verskil van gebied tot gebied. In die hoëveld is hulle gewoonlik
olyf tot steenkool grys. Hulle het gewoonlik twee wit of romerige wit bande op
hulle lyf onder hulle kop. Wanneer die Rinkhals bedreig is kan hulle maak of
hulle dood is om roofdiere te vermy. Die Rinkhals skenk geboorte aan 20-30
klein lewendige nageslag, maar kan tot soveel as 63.