Die Pofadder is een van Suid-Afrika
se bekendste slange en kan dadelik herken word. Die kop is groot en plat en kan
onderskei word van die lyf. Hulle word gewoonlik 9c cm lank, maar daar is
individue wat al 1.5 m lank geword het. Die skubbe is klein op hulle kop en
hulle oë is relatief klein met pupille wat vertikaal is. Die patrone en die
kleur op hulle lyf verskil van omgewing tot omgewing. Hulle is baie stadig en
hulle maak staat op kamoeflering. Mannetjies soek aktief vir wyfies. Werpsels
van 20 tot 40 kleintjies word gebore in laat somer. Die Pofadder is verantwoordelik
vir die meeste slang byte in Suider Afrika.
Kaapse Skurweskub akkedis (Ichnotropis capensis)
Hulle lyf lengte is tussen 5 en 7 cm.
Hulle stert is langer as wat hulle lyf lengte is. Die Kaapse Skurweskub akkedis
is koper-swart met swart strepe wat by sy flanke van sy lyf afloop. Die strepe
het wit rande en daar kan bruin rooi merke net bo die swart strepe wees.
Mannetjies wat broei se keel raak helder geel. Die wyfies in die spesie lê 3
tot 12 sagte dop eiers in ’n klou, maar meer as een klou kan gelê word in ʼn
jaar.
Suidelike wingerdstokslang (Thelotornis capensis)
Die wingerdstokslang is ʼn
middelmatige slang wat tot 1.2 m lank kan raak as hulle volgroeid is. Hulle het
groot oë wat se pupille soos sleutel gate lyk. Die Suidelike Vine snake is vaal
grys tot bruingrys aan die bokant met swart, oranje en pink vlekke. Die kop is
vaal blou-groen met bruin of swart spikkels. Hulle prooi bestaan uit ander
slange, verkleurmannetjies, klein soogdiere en soms voëls. Daar is min buite
aangemeld van die suidelike wingerdstokslang, want hulle is meestal in bome en
vir my konflik met kamoeflering. Hulle lê 4 tot 18 eiers in ʼn klou. Die
kleintjies is omtrent 22 tot 37 cm lank.