Dit is ʼn
middelmatige kewer wat se lyf lengte 2.1 cm is en sy kleur glans swart. Die
Groen gegroefde miskruier is aktief in die nag en vroeg oggende waar hulle stukkies
mis afsny. Die mis word in balletjies gerol en begrawe deur ʼn mannetjie en
wyfies paar. Die mis word gebruik vir voedsel en ook om in eiers te lê.
Katoen
Stainer (Dysdercus nigrofasciatus)
Hulle het ʼn
groot lyf alhoewel die lyf lengte net 1.7 cm is. Hulle is ʼn getande kleur met ʼn
rooibruin kop en hulle het ʼn wit band rond om hulle nek. Hulle het ook swart
bande oor hulle vlerke. Die nimfe is rooierig. Volwassenes en nimfe is al
gesien om saam aan ontwikkelde sade van Malvaceae te vreet.
Turkoois
Langhoring (Prosopocera lactator)
Die lyf van
die turkoois langhoring is omtrent 3.3 cm. Die lyf is turkoois met breë bruin
bande oor als van die kop en lyf. Sy antenna is bruin, maar raak meer turkoois
soos dit na die punt beweeg. Volwassenes sal deur jong stamme en take van ʼn
Buffalo Thorn (Ziziphus mucronata)
sny om hulle eiers daar te lê en wanneer hulle versteur word val hulle na die
grond. Hulle verkies hoër liggings gebiede.