Dit is ʼn immergroen plant wat se blare groen
is met ligter groen liniêre merke. Die plant is bestand teen droogte en word
gebruik vir mediese doeleindes. Die blomme is wit en ruik lekker vir al in die
nag. Die plant word bestuif deur motte. Die vrug is ʼn bessie en is oranje of
rooi.
Griekwateebossie (Gerbera ambigua)
Die spesies is baie divers met hulle blom
kleure. Dit is ʼn meerjarige krui wat se wortels silindries is. Die blomme is 5
cm in diameter. Die plant is in die Daisy familie. Die blom word bestuif deur
baie verskillende vlieënde insekte. Die Zulu’s gebruik die blom in hulle tradisionele
medisyne vir maagpyn en die wortels vir hoes.
Sterblom, Gifbol (Hypoxis hemerocallidea)
Die blomme lyk
soos ʼn geel ster en is ʼn bloeiwyse. Die blare van die meerjarige plant raak
omtrent 40 cm lank. Die sade is swart en hard. Die plant word gebruik in die
mediese praktyk. ʼn Studie oor die pante het gewys dat die plant die mees verhandelde
in die Oos-kaap was. Dit is seker die bekendste “muti” plant in Suid-Afrika.